On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Moody’s waarsku oor koalisieregering ná verkiesing

───   10:20 Sat, 04 May 2024

Moody’s waarsku oor koalisieregering ná verkiesing | News Article

“Die administrasie wat ná 29 Mei oorneem, sal kwessies soos trae ekonomiese groei, beurtkrag en werkloosheid moet takel.”

Suid-Afrika mag moontlik sukkel om vordering te maak met die land se jarelange uitdagings as 'n koalisieregering ná die verkiesing ’n werklikheid word, waarsku die graderingsmaatskappy Moody's.

Meningspeilings dui daarop dat die ANC sy meerderheid stemme in die komende verkiesing kan verloor. “Hoewel dit na verwagting die grootste party sal bly, sal dit met minder as 50% van stemme 'n koalisieregering noodsaak,” sê Aurelien Mali, senior kredietbeampte van Moody’s.

“Die administrasie wat ná 29 Mei oorneem, sal kwessies soos trae ekonomiese groei, beurtkrag en werkloosheid moet takel. Daarby mag toegewings aan ’n koalisievennoot, wat nodig is om steun te verseker, die reeds ingewikkelde bestuur van fiskale, ekonomiese en maatskaplike beleidsdoelwitte selfs moeiliker maak.

“Die verkiesing kan die moontlikheid laat ontstaan dat beleide van betreklik radikale partye, insluitend beleid wat nie vir beleggers vriendelik is nie, na vore sal kom,” sê Mali.

Volgens ’n artikel deur BusinessTech toon ’n onlangse Ipsos-meningspeiling dat die ANC op 40,2% van kiesers se steunkan staatmaak, vergeleke met 57,5% in die 2019-verkiesing.

Die peiling toon ook die nuutgestigte uMkhonto weSizwe-party van oudpres. Jacob Zuma ondersteuners van die linkse Ekonomiese Vryheidsvegters wen. Die EFF se steun word op 11,5% gereken terwyl die MK-party 8,4% van kiesers se steun het.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.