On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Polisiemoordenaar van Kimberley weer in hof

───   11:07 Sun, 05 May 2024

Polisiemoordenaar van Kimberley weer in hof | News Article
Daniel Wilfred Alberts met sy inhegtenisneming (regs) en tydens sy eerste hofverskyning (links). Foto: Twitter

“Hy staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, een van diefstal van ’n motorvoertuig asook een van diefstal van ’n skootrekenaar.”

Die man wat aangekla word van die moord op twee blitspatrollielede van Kimberley in Augustus, verskyn Maandag (6/5) in die plaaslike landdroshof nadat hy vir sielkundige waarneming verwys is.

Daniel Wilfred Alberts (38) was op ’n waglys en kon eers agt maande ná sy arrestasie vir sielkundige waarneming opgeneem word. Die Kimberley-distrikshof het vroeër verneem hy is ’n psigiatriese pasiënt wat voorheen al in tientalle psigiatriese fasiliteite opgeneem is.

Hy staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, een van diefstal van ’n motorvoertuig asook een van diefstal van ’n skootrekenaar.

Konst. Okaetse Mandindi en sers. Kedimetse Masilo. Foto's: Verskaf

Konst. Okaetse Mandindi (35) en sers. Kedimetse Masilo (45) van die Kimberley-blitspatrollie was op 22 Augustus besig om inligting oor ’n gesteelde voertuig op te volg. Die voertuig was van Bloemfontein onderweg en is later in Kimberley gewaar. 

‘Hy het na bewering op polisielede losgebrand’

Na bewering was Alberts agter die stuur van die gesteelde voertuig. Hy het tot by n Transnet-perseel gejaag waar hy in ’n ongeluk betrokke was en toe weggehardloop het. Die twee polisielede het hom agternagesit en hy het na bewering op hulle losgebrand.

Alberts is kort ná die polisielede se skietdood in hegtenis geneem.

Sers. Masilo, wat in 2007 by die polisie aangesluit het, was ten tyde van haar dood 16 jaar in die polisiediens. Konst. Mandindi het in 2012 by die polisie aangesluit.

Die polisieondersoek duur voort.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.