On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Polisie betrap dieseldiewe naby Ventersburg

───   09:19 Sun, 05 May 2024

Polisie betrap dieseldiewe naby Ventersburg  | News Article
Foto: ADT Security

“Die polisie het hulle agternagesit en kon daarin slaag om een van die verdagtes in hegtenis te neem.”

’n Man wat op heterdaad betrap is terwyl hy en ’n tweede verdagte besig was om diesel te steel, verskyn binnekort in die Kroonstad-landdroshof.

Lede van die polisie se padpatrollie het Donderdag (2/5) omstreeks 11:30 op die twee verdagtes by ’n stilhouplek vir vragmotors langs die N1-hoofweg naby Ventersburg afgekom. Hulle was na bewering besig om diesel te steel.

Met die polisie se aankoms op die toneel het die twee verdagtes gevlug. Die polisie het hulle agternagesit en kon daarin slaag om een van die verdagtes in hegtenis te neem, terwyl sy medepligtige inhegtenisneming ontduik het.

‘Die inhegtenisneming is ’n betekenisvolle oorwinning’

Die verdagte is in besit van vermoedelik gesteelde diesel gevind, asook toerusting wat gebruik word om brandstof te steel.  

Die man (36) verskyn eersdaags in die landdroshof in Kroonstad op aanklagte van diefstal en die besit van gesteelde goedere.

Die polisie se optrede beklemtoon die stryd om brandstofdiefstal hok te slaan, sê Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Die inhegtenisneming is ’n betekenisvolle oorwinning teen die onwettige dieselhandel wat die omgewing teister.”

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.