On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Human Interest

Twee gholfspelers van Bfn nie deur rooftog gestuit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:40 Thu, 19 Jan 2017

Twee gholfspelers van Bfn nie deur rooftog gestuit  | News Article
Byron Wegger en Francois Faasen. Maricelle Botha/OFM-nuus

Bloemfontein - Twee Bloemfonteinse vriende het Maandag weer ‘n potjie gholf gespeel en afgeslaan by die bof van die sewende putjie op die Bloemfontein-gholfklubbaan, waar hulle meer as ‘n week gelede beroof is.


Byron Wegger en Francois Faasen is op 8 Januarie deur ‘n man genader en met ‘n vuurwapen gedreig. Wegger sê die booswig het geld geëis en sy hemp opgelig en 'n vuurwapen, vermoedelik ‘n 9mm, aan hom gewys. Faasen, wat reggestaan het om af te slaan het eers later besef wat aangaan. 

Hulle het al hul geld aan die man gegee. Die booswig het ook Wegger se selfoon geëis maar dit later aan hom teruggegee, nadat Wegger hom oortuig het dit is nie baie werd nie. Die rower het Wegger se hand geskud en rustig weggestap na waar twee van sy makkers onder ‘n boom gewag het. 

Beamptes van die Parkweg-polisiekantoor was vinnig op die toneel, maar die booswigte het weggekom. Wegger sê dit was vir hom ietwat van ‘n traumatiese ervaring. Hy is bly hy het ‘n kundige se raad gevolg om gou weer op dieselfde baan te speel.
 
“ ‘n Mens kan nie in ‘n kartondoos leef nie. Jy kan nie wegkruip vir sulke goed in die land nie, jy moet maar net aangaan.”

Faasen sê hy het ook besluit dit sal goed wees om die baan weer te besoek.

Albei slagoffers is ook vol lof vir die Bloemfontein-gholfklub se bestuur wat die voorval as ernstig beskou en veiligheidswagte gaan aanstel om die baan voortaan te patrolleer.

Daar is nie ‘n veiligheidsheining om die baan nie. Hoewel Wegger en Faasen ‘n klag van diefstal kon indien het hulle besluit om nie ‘n saak by die polisie aanhangig te maak nie.


OFM-nuus


Podcasts

Byron Wegger:



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.