On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Beloning aangebied ná transitorooftog

───   10:33 Sun, 07 Aug 2022

Beloning aangebied ná transitorooftog | News Article

Die hoof uitvoerende beampte van die maatskappy SBV Services, Mark Barret, sê hulle bied R1 miljoen aan vir enige inligting wat tot die inhegtenisname van verdagtes sal lei.

Dit, nadat 'n onbekende bedrag kontant tydens 'n transitorooftog vroeg Vrydag op die R31 in Kimberley geroof is.

Die rooftog het plaasgevind terwyl veiligheidswagte besig was om geld af te lewer.

Die verdagtes het in die voertuig vasgery en dit laat omslaan.

Plofstof is gebruik om toegang tot die voertuig te kry.

Barret sê die sinnelose dood van een van hul werknemers word betreur, terwyl daar kommer bestaan dat gewapende rowers op vrye voet is.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.