On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners bekommerd oor brand oos van Bfn - VIDEO, FOTO'S

───   HEIDRÈ MALGAS 15:58 Wed, 13 Jul 2022

Inwoners bekommerd oor brand oos van Bfn - VIDEO, FOTO'S | News Article
PHOTO: Supplied

’n Massiewe rookwolk in Ooseinde, oos van Bloemfontein, het talle inwoners bekommerd.

’n Klomp motorbande wat by die X-faktor-renbaanpark naby Schoemanpark aan die brand geslaan het, is die oorsaak van dié dik, swart rookmassa. Dit is volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging. Hy sê die insident word tans hanteer.


FOTO: Morgan Piek

Die Mangaung-brandweer se Chris van der Walt het bevestig dat dit motorbande is wat brand. Hy sê dat die munisipaliteit en Transnet se brandweerdienste op die toneel is. Hy voeg by dat dit in hierdie stadium nie nodig is om enige verdere nooddienste te ontbied nie en dat hulle alles onder beheer het.

OFM-nuus

VIDEO: OFM-nuus/Lucky Nkuyane

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.