On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Business

Brexit kan nuwe geleenthede vir SA beteken

───   15:45 Thu, 24 Nov 2016

Brexit kan nuwe geleenthede vir SA beteken | News Article

Pretoria - Die Britse hoëkommissaris, Dame Judith Macgregor, het gisteraand die media toegespreek oor die impak van Brexit op die verhouding tussen Suid-Afrika en Brittanje.


Volgens Tanya de Vente-Bijker sê sy die land se uittrede uit die Europese Unie kan lei tot nuwe geleenthede tussen Brittanje en Suid-Afrika.
 
Dame Judith MacGregor het gisteraand aan die media gesê Brexit was 'n verrassing en het 'n belangrike impak op die toekoms van Brittanje. Sy sê die land se uittrede uit die Europese Unie dui op 'n besliste rigtingverandering in die land se politieke toekoms. 

Volgens haar sal Brittanje in die toekoms al hoe meer verhoudings wil bou met lande soos Suid-Afrika. Sy sê dit is 'n moontlike geleentheid vir die verhouding tussen Suid-Afrika en Brittanje. 

Sy sê voorts Brittanje wil uiteindelik 'n meer inklusiewe, globale land wees, steeds sterk gevestig in Europa. Die land sal vir ten minste nog twee jaar lid van die EU wees.


Tanya de Vente-Bijker/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.