On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Sanger Jay du Plessis in Bloemfontein hospitaal ná ongeluk

───   REFILWE GAESWE 14:36 Wed, 12 Aug 2015

Sanger Jay du Plessis in Bloemfontein hospitaal ná ongeluk | News Article

Bloemfontein - Die Afrikaanse sanger Jay (du Plessis) is in ’n plaaslike hospitaal in Bloemfontein opgeneem na ‘n perdry-ongeluk in Zastron.

Volgens Jay se agent, Corné Oosthuizen, is hy buite gevaar.

Hy was glo in Zastron vir ‘n optrede. 

Die vermoede is dat die saal van die perd waarop Jay gery het, foutief was, wat daartoe gelei het dat dit gebreek en hy afgeval het. Hy het volgens Oosthuizen nie 'n kopskerm gedra nie. 

"Hy het sy oogbank gebreek, 'n ooglid geskeur en sy niere en ribbes het ook seergekry in die val."

"Hy het reeds steke in onder meer sy knie en enkel gekry en die ooglid word môreoggend tydens 'n operasie geheg."

Hy is sedert gisterand in die hospital en geen besoekers word toegelaat nie. 

Volgens Oosthuizen is hulle dankbaar dat Jay nie meer ernstige beserings opgedoen het nie.

"Dokters is oortuig hy sal volkome herstel en geen permanente skade oorhou van die ongeluk nie. Ons verwag dat hy reeds Vrydag ontslaan sal word."

Refilwe Gaeswe/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.