On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Nadine
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Buitelanders vas ná moord op Noordwes-polisiebeampte

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:25 Sun, 28 Apr 2024

Buitelanders vas ná moord op Noordwes-polisiebeampte | News Article
Foto: iStock

“By verdere ondervraging deur die ondersoekbeampte het die verdagte die span na ’n huis geneem waar ’n 9 mm-vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgeveil is, ’n magasyn en vier rondtes ammunisie gevind is.”

Die polisie in Noordwes het twee verdagtes in hegtenis geneem wat met die moord op ’n polisiebeampte verbind word.

Konst. Mogoro Clement Makola (31) is Maandagaand 15 April in die Kanana-kliniek in Lekgalong, naby Marikana buite Rustenburg, doodgeskiet en is gister ter ruste gelê. 

Sabata Mokgwabone, Noordwes-woordvoerder, sê verdagtes van 40 en 44 jaar oud is Vrydag (26/4) in Ramochana buite Rustenburg in hegtenis geneem.

Die Brits-kriminelerekordsentrum (LCRC) het inligting aan die ondersoekbeampte verskaf oor een van die verdagtes wat deur vingerafdrukke geïdentifiseer is. Die eerste verdagte is by ’n kuierplek in hegtenis geneem en het na bewering sy makker uitgewys wat op dieselfde plek in hegtenis geneem is.

“By verdere ondervraging deur die ondersoekbeampte het die verdagte die span na ’n huis geneem waar ’n 9 mm-vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgeveil is, ’n magasyn en vier rondtes ammunisie gevind is,” het hy bygevoeg.

Die verdagtes, albei Mosambiekers, sal na verwagting Maandag (29/4) in die Rustenburgse landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.