South Africa
Eskom hoop om winterbeurtkrag tot fase 2 te beperk─── 09:32 Sat, 27 Apr 2024
“Ons is nog nie deur die bos nie, maar dit is bemoedigend gegewe die belegging wat in die herstelplan ingegaan het.”
Eskom het Vrydag Suid-Afrika ingelig oor sy winterplan van April tot einde Augustus en gesê hy beplan om beurtkrag tot fase 2 te beperk dié winter. Die kragreus se projeksies dui daarop dat selfs in die ergste geval, beurtkrag hierdie komende winter nie fase 6-onderbrekings behoort te bereik nie.
Verbruik is in hierdie maande gewoonlik hoër omdat mense probeer warm bly. Die kragvoorsiener sê sy energiebeskikbaarheid het die afgelope 12 maande met 10% verbeter, van 51% tot 61%.
Suid-Afrika het vanaf Vrydag vir 30 opeenvolgende dae nie beurtkrag ervaar nie, die langste tydperk tot nog toe in 2024.
[Reminder] Eskom’s Group Chief Executive, Mr Dan Marokane is hosting the State of the System and Winter Outlook Media Briefing today at 12:00 till 14:00 where an in-depth look at the company’s operational performance will be presented.
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) April 26, 2024
Live stream: YouTube @EskomOfficial pic.twitter.com/V1EXri0ktP
Die nutsmaatskappy se uitvoerende hoof, Dan Marokane, het gesê dit is te danke aan verbeterde instandhouding, wat op sy beurt die betroubaarheid van sy opwekkingskapasiteit verbeter het.
Volgens Eskom se projeksies sal fase 2 geïmplementeer word in die waarskynlike geval van 15 500 MW se onklaarrakings, terwyl in die ergste geval – naamlik verlies van 17 000 MW – fase 5 in werking sal tree.
“Ons is nog nie deur die bos nie, maar dit is bemoedigend gegewe die belegging wat in die herstelplan ingegaan het. Vir 2024 se winter is die waarskynlike scenario dat beurtkrag hoogstens op fase 2 sal bly.
"Oor die wintertydperk gaan werk voort, en ons beoog om die onbeplande verliese met ’n verdere 1,7 GW te verminder. Dit sal opgemaak word met 1,3 GW uit gedeeltelike lasverliesvermindering," het Marokane bygevoeg.
OFM Nuus cg