On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Betowerende ligte verkleur hemelruim

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:00 Sun, 12 May 2024

Betowerende ligte verkleur hemelruim | News Article
Dié foto is op Dewetsdorp in die Vrystaat geneem, met die hemelruim wat verkleur het nadat ’n geomagnetiese storm die aarde getref het. Foto: Facebook

“In ernstige gevalle kan dit die kragnetwerk beskadig of lei tot of radio-onderbrekings.”

Suid-Afrikaners was gelukkig genoeg om Saterdagoggend met betowerende kleure in die hemelruim begroet te word.

Die vreemde verskynsel, wat Aurora australis of suiderlig genoem owrd, het die donker hemelruim geverf met skakerings van blou, pers, groen en rooi.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) verduidelik hoewel Suid-Afrika ver suid is, was die verskynsel meer sigbaar vir die planeet se noordelike inwoners.

Sansa verduidelik in ’n video dat die ruimteweer spruit uit sonvlamme, koronale massa-uitwerpings (CMEs), magnetiese storms en die vrystelling van miljoene deeltjies, straling en energie in die ruimte.


“Sonvlamme vind plaas wanneer gedraaide magneetveldlyne skielik breek, wat groot hoeveelhede elektromagnetiese energie vrystel. Sonstormdeeltjies kan die aarde binne 20 minute bereik, terwyl koronale massa-uitwerpings, ‘n groot wolk van gelaaide deeltjies, een tot vier dae neem.

“Wanneer so ’n uitwerping se magnetiese veld met die aarde se magnetiese veld meng, veroorsaak dit ’n tydelike versteuring wat ’n geomagnetiese storm genoem word.”

Sansa verduidelik hoewel die storm nie lewens benadeel nie – want die aarde word deur sy eie magneetveld teen sondeeltjies en strale beskerm – kan dit steeds satelliete, telekommunikasie en GPS-dienste ontwrig. Hierdie ontwrigting kan lei tot selfoon- en satelliet-TV-onderbrekings. In ernstige gevalle kan dit die kragnetwerk beskadig of lei tot of radio-onderbrekings.”

Die verskynsel is ook in onder meer Kleinbaai, Bloemfontein, Kuruman, Oudtshoorn, Gansbaai en Namibië aangemeld, sê Sansa.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.