On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Agtjarige seun van Bloemfontein sterf ná voertuig hom tref

───   HEIDRÈ MALGAS 15:50 Fri, 03 May 2024

Agtjarige seun van Bloemfontein sterf ná voertuig hom tref | News Article
'n Agtjarige seun van Bloemfontein het sy lewe verloor nadat ’n voertuig getref het. Foto VR Medical Facebook

“Dit blyk dat die kind nie alleen was tydens die voorval nie.”

’n Agtjarige seun van Bloemfontein het sy lewe verloor nadat ’n voertuig hom Vrydagoggend (3/5) in Tielman Roosweg getref het.

Die polisie stel nog ondersoek in na die voorval omstreeks 06:50, sê Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

VR MED se spanne het vanoggend gereageer op ’n oproep van ’n voetganger wat deur ’n voertuig getref is, sê Peter Dahl, mediawoordvoerder en bemarkingsbestuurder. Ongelukkig is ’n minderjarige seun op die toneel dood verklaar.

‘Mense word gevra om die gesin se privaatheid te respekteer’

“Dit blyk dat die kind nie alleen was tydens die voorval nie. Daar was mense om hom toe die tragiese gebeurtenis plaasgevind het,” sê Dahl.

Die toneel is oorgedra aan Navalsig se polisie vir verdere ondersoek, wat vra dat mense die gesin se privaatheid sal respekteer. “Ons dink aan die gesin en betuig ons innige meegevoel met die gesin,” sê Dahl.

In September 2023 in ’n afsonderlike voorval het OFM Nuus berig oor ’n leerder van Sentraal Primêre Skool wat blykbaar iets laat val het en deur ’n motor raakgery is terwyl die bestuurder ’n ander motor verbygesteek het.

‘Daar is ’n voetgangeroorgang by die verkeerslig’

Die gr. 3-leerder Haydon Niekerk is opslag dood toe die kar hom tref. Sentraal se beheerliggaamvoorsitter, Graham Douw, sê daar is ’n voetgangeroorgang by die verkeerslig en leerders word aangemoedig om dit te gebruik. Die skool reël ook gereelde padveiligheidsessies en bewusmakingsveldtogte deur die skool en ander rolspelers, soos ondernemings.

Douw sê die skool het ’n persoon aangestel vir Noordeindweg. Daar is tans egter geen spoedhobbels of patrolleerders in Raymond Mhlabastraat nie. Die gemeenskap word aangemoedig om ekstra versigtig te wees en altyd op die uitkyk te wees vir voetgangers, veral die jongstes onder ons.

Nadere besonderhede or die ondersoek van die dood van die agtjarige sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.